Kom Dans Net…Met Steve!

dans

Afrikaans is Groot in Ballito!

 

Weens die gewildheid van die Afrikaanse radio program “Luister Net Met Steve” , eksklusief op Radio Life & Style 88.0 FM , bring ons nou die beste  in Afrikaanse musiek na die dansvloer!

Bespreek nou vir die paartie van die jaar by Simbithi Country Club op die 16de April vir ‘n   onvergeetlike aand  van dans en liplekker  boerekos.

Steve van Greunen en die res  van die 88.0 FM span sien uit om jul daar  te ontmoet en dit net dalk ‘n gereelde instelling op die Ballito kalender te maak.

Kaartjies is R100 per persoon, en ‘n verskeidenheid van Afrikaanse disse sal by kos stalletjies te koop wees.

Kaartjies is beperk, so bespreek nou dadelik by events@simbithi.com of bel 032-9465402/3.

 

 

Add a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen + twenty =